Durban SA’s 2017

Durban SA’s 2017

Ek was met atletiek in 2017 na Durban gestuur vir my 3000m waar ek by SA’s 10de plek gekry het vir my eerste SA’s in my hele lewe.Dit was vir my n baie lekker ondervinding en ñ baie groot geleentheid om daar te kan hardloop.

Europa Toer 2017

Europa Toer 2017

Dag 1

Het ons heeldag gevlieg tot die volgende oggend vroeg.

Image result for qatar airways

Dag 2

Ons het eers na ons akkomodasie gegaan waar ons die volgende 4 aande gebly het en daar wag vir ons n oefen sessie van 45 min lank waar ons net al ons spiere los maak en ontspan.Die middag het ons na n Diamond league gaan kyk waar profesionele mense gaan atletiek doen.

Dag 3

Het ons na ons eerste byeenkoms toe gegaan waar ek 4 medaljes gewen het.Na n lang dag op die baan het ons tyd spandeer in Parys waar ons ook geskenke koop en foto’s by die eiffel tower neem.Ons het n uur spandeer in die beroemdste straat in Parys genoem The Avenue de la Grande Armée.

Dag 4

Ons het n hele dag by Disney land spandeer waar ons rides kan ry en by klomp winkels ingaan.Die ry waar ons die langste gewag het was 1uur en 10 min vir die Scary Hotel ride… Die aand het ons weer n lekker aand ete gehad en n laat aand gehad waar ons gekuier het.

Dag 5

Ons was na ons tweede byeenkoms toe waar ek die 800m gedoen waar ek 1ste was en die aflos waar ons 3de was.Ons het toe geen medaljes daar gekry nie net n sertifikaat. Na die atletiek dag was ons na die Image Gallery Orsay Museum toe.

Dag 6

Ons het vroeg die oggend n oefen sessie gehad .Na ñ uur se oefen het ons gepak na ons volgende akkomodasie waar ons 1 aand geslaap het.Die min tyd wat oor was het ons na The louvre gegaan waar die oudste geboue was in Parys is, en om net die laaste keer vir Parys te sien.Die aand was ons weer na n Diamond league toe wat baie beter was as die eerste een waar ons was.Ek het my rolmodel gesien Dibaba wat 1500m hardloop,en ek het baie Top atlete se handtekeninge gekry.Die lug skyn nog as dit 10 uur die aand is so ons was toe hotel toe en n lekker aand geniet daar.

Dag 7

Die oggend moes ons,ons tasse pak waar net 20kg kon weeg maar die kinders se gesigte was prysloos as hulle sien hulle tasse is te swaar.Na die uur se vlug was ons na ons volgende akkomodasie waar ons 2 aande gebly het.Die aand het klomp vriende by ons n groot bed kom maak en ons het toe n “horror”gekyk (Hush).Ons het toe in die hotel rond geloop en “eksplore”maar al die gange lyk dieselfde.Ons het ook probeer tok tokkie speel met ons eie vriende maar hulle het al geslaap so toe het ons eers die oggend 03:00 gaan slaap. Maar ons was MOEG die volgende oggend.

Dag 8

Ons laaste byeenkoms was die middag toe was ons by die Mountain Titlis,wat baie koud was.Ons het vir ñ uur in die sneeu gespeel en by heuwels af gegly.Ons het probeer om ñ sneeuman te bou maar dit was nie so maklik soos wat mense op die tv. wys nie.Die oë was van lekkers gemaak maar dit wou net nie bly nie,alhoewel sy kop heeltyd wou afgly. Ons het mekaar gegooi met “snowballs”,maar na jou tweede“snowball”is jou vingers dood..Die nag  wou ons heelaand op bly om op die lang vlug te kan slaap maar dit het nie gewerk nie ons was te moeg!

Dag 9

Die oggend was ons op n boot waar ons n halfuur lekker geniet het, opad na die museum Olympic toe waar al die geskiedenis van sport is ek het baie daar geleer.Na die meseum moes ons,ons tasse gaan pak om weer terug huistoe te gaan, maar voor ons aan die pad val het ons eers lekker gesels oor die hele toer en wat lekker was en wat nie,maar die tyd het begin min raak so ons was opad lughawe toe.By die lughawe kon ons nog vir n uur vrye tyd hê waar ons goed gaan koop het vir jou familie.Na al ons inkopies was ons tasse swaarder en moes begin weeg,maar almal sin was onder 7kg,gelukkig. Opad na SA toe voel goed want daar is weer netwerk wat nie“passwords”soek nie en die mense kan jou weer verstaan.

Dag 10

Het ons by ons families aangekom en ons vakansie lekker geniet.